Reggiane Re.2000

Reggiane Re.2000
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Reggiane
Ontwerp deur Roberto Longhi
Nooiensvlug 1938
Onttrek 1945, Swede
Status Onttrek
Hoofgebruikers Italiaanse Lugmag en Vloot
Hongaarse Lugmag
Sweedse Lugmag
Luftwaffe
Regia Aeronautica
Aantal gebou 186

Die Reggiane Re.2000 was 'n Italiaanse vegvliegtuig wat deur die Italiaanse Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die prototipe het sy nooiensvlug in 1938 onderneem. Die vliegtuig se ontwerp is beïnvloed deur die Amerikaanse ontwerpe van daardie tyd: die stomp, bonkige voorkant en toegerus met 'n stermotor.

Die Italiaanse Lugmag het die prototipe geïgnoreer maar die Italiaanse Vloot het die Reeks II en Reeks III bestel: eersgenoemde vir gebruik met 'n katapult en laasgenoemde vir langafstandvlugte. Die Hongaarse Lugmag het ook 'n klompie Re.2000's gekoop en later self daarvan onder lisensie laat bou. Hulle model was bekend as die Hejja (valk). Swede het ook 60 van die vliegtuig bestel vir die Sweedse Lugmag wat op hulle beurt die vliegtuig tot in 1945 bedryf het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search